Ons Missie
Welkom by Gameways! Ons is ‘n toonaangewende opleidingsentrum in wildplaasbestuur in Suid-Afrika. Ons bied ‘n unieke leerervaring aan studente wat ‘n loopbaan in die natuurbeheerbedryf wil nastreef.
Ons missie is om aan studente ‘n breë kennisbasis en praktiese ervaring in wildplaasbestuur te bied. Ons glo in bewaring deur opleiding, kennis en praktiese deelname. Ons doel is om studente toe te rus met die nodige vaardighede en kennis om suksesvolle beroep in natuurbeheerbedryf na te streef.
BEWARING DEUR OPLEIDING, KENNIS EN PRAKTIESE DEELNAME
KENNERS IN NATUURBEWARINGSOPLEIDING
ONTMOET ONS SPAN
Gedrewe deur ‘n passie om ‘n verskil in jou lewe en toekoms te maak, is ons gekwalifiseerde span toegewyd om jou toe te rus met die praktiese vaardighede en teoretiese kennis wat benodig word vir ‘n suksesvolle loopbaan in die bedryf. Met ‘n fokus op praktiese opleiding en persoonlike ondersteuning, verskaf ons ‘n omvattende leerervaring wat jou voorberei vir die uitdagings van die werklike wêreld.
Gameways
ONS FASILITEIT
Geleë in die hartjie van die beeldskone Limpopo Bosveld sowat 60 km vanaf Lephalale (Ellisras) sal julle ons vind. Hier word mede-natuurliefhebbers met ope arms verwelkom en beloof om aan elkeen 'n onvergeetlike ervaring te bied. Studente word gehuisves in die gemak van 'n pragtige opleidings fasiliteit wat oor al die geriewe beskik om te verseker dat studente hulle volle potensiaal kan bereik.
Gameways se opleidingsfasiliteit bied verfrissende swembaddens, 'n ontspannings lokaal, hindernisbaan, 'n groot eetsaal waar ons professionele kok gebalanseerde etes aan ons studente voorsit en 'n lesingslokaal waar teoretiese kennis aangebied sal word.
Gameways bied ook aan ons studente 'n 2000 ha plaas waarop verskeie praktiese aktiwiteite uitgevoer word. Natuurliefhebbers kan hulself voorberei om elke oggend in die skoonheid van die natuur te begin. Hulle kan verseker wees dat hulle nie op indrukwekkende natuur verskynsels gaan uit mis nie.
2.200 Ha Wildsplaas
Lesings Lokaal
Swembaddens
Ontspannings Lokaal





