BEWARING DEUR OPLEIDING, KENNIS EN PRAKTIESE DEELNAME
Natuurberoepsvoorligting Kursus
Beplan jy ‘n loopbaan in natuurbewaring? Sluit aan by ons Natuurbewarings Beroep voorligtings Kursus!
Hierdie kursus sal jou ‘n duidelike begrip gee van wat dit beteken om ‘n beroep in natuurbewaring te kies en jou help om ‘n suksesvolle loopbaan te begin. Ons bied praktiese ervaring en insig van deskundiges in die veld, en ons sal jou help om die pad na ‘n bevredigende loopbaan in natuurbewaring te vind. Meld aan vandag en bou ‘n beter toekoms vir jouself en ons natuurlike wêreld!.
Slang Aanbieding
Identifisering & basiese hantering
Boom identifisering
Boskook & potjiekos
Kompetisie
Nagmars en navigasie
1 Aand
Slaap onder die sterre
Natuur vasvrae
Sterre kennis
Alleen in die bos
vir een uur
Hindernis baan
Spanbou aktiwiteite
Lantern bekruip
Onderhewig aan seisoen vir Skerpioene ens.
Wildpyl
Persoonlikheids analise
Sielkundige op UNISA se keuringsraad
Maak ‘n wyse besluit vir jou toekoms deur jouself die kans te gee om die Gameways Junior Natuur-beroepsvoorligtings kursus by te woon. Ons verstaan dat studente gemiddeld drie keer in hul lewe van beroepsrigting verander en daarom is dit belangrik om die regte keuse die eerste keer te maak. Ons kursus bied studente die geleentheid om kennis te maak met tien opwindende natuur beroepsrigtings, wat hulle kan help om te besluit wat die beste by hulle unieke persoonlikheid en talente pas. Ons bied nie net teoretiese kennis nie, maar gee studente ook die geleentheid om praktiese ondervinding op te doen deur middel van aktiwiteite soos boom-identifisering, skietkuns, hindernisbane, boskook- en potjiekos-kompetisies en baie meer. Daar is ook baie geleenthede vir selfontplooiing, spanbou en om lewenslange vriendskappe te maak. Ons kursus vind plaas in Steenbokpan, Limpopo en is beskikbaar vir seuns en meisies tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar. Moenie die kans misloop om die regte beroepsrigting vir jou te vind nie. Skryf nou in vir die Gameways Junior Natuur-beroepsvoorligtings kursus en begin jou reis na ‘n opwindende loopbaan in natuur bewaring vandag nog!
Gameways Natuurberoepsvoorligting Kursus
Prys: R 7,450.00 (7 Dae)
KURSUS DATUMS 2023
1 Julie 2023 tot 8 Julie 2023
Kursus gelde sluit in:
- Verblyf in ‘n lodge geleë op ‘n 2,200 Ha wildplaas
- 3 x etes per dag en versnaperinge
- Gameways Handleiding/Studiegids
- 2 x Gameways T-hemde en Gameways hoed
- Gameways koffie fles
- Wasgoed was 1 x per week
- Skiet oefeninge met verskeie vuurwapens
- Alle uitstappies en so ook spesiale aanbiedings deur kenners in die bedryf en vele meer.
Kursus besonderhede:
- Kursus datums is onderhewig aan besprekings.
- Die kursus word aangebied in Afrikaans (Engels sprekende studente wat Afrikaans verstaan kan beslis ook die kursus meemaak).
- ‘n Gameways bywoningsertifikaat word aan die student uitgereik na afloop van die kursus.
- Die kursus is vir seuns en meisies vanaf 14 tot 19 jarige ouderdom.
- Die kursus word aangebied in Steenbokpan, sowat 60km vanaf Ellisras (Lephalale), Limpopo
Alle kursusse en datums is onderhewig aan besprekings.