BEWARING DEUR OPLEIDING, KENNIS EN PRAKTIESE DEELNAME
Oorbruggingsjaar / Gap-Jaar Program
Is jy gereed vir die beste leerervaring en avontuur van jou lewe? Dan is jy op die regte plek. Gameways is die opleidingsfasiliteit vir teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat hand-aan-hand loop.
Ons Gameways Oorbruggingsjaar / Gap-Jaar Internskap Program sluit in ‘n Wildplaasbestuur en Teenwildstroop / Anti-Poaching kursuses wat spesiaal ontwerp is om jou die nodige kennis te gee om ‘n pos in die wildbedryf te beklee sonder om eers ekstra praktiese ervaring op te doen. Ons bied ook aparte kursusse in Wildplaasbestuur en Teenwildstroop as jy nie die volle Oorbruggingsjaar program kan doen nie.
Ons maak gebruik van ons 2.2ha wildplaas as ‘n praktiese oefenterrein om jou te help om praktiese ondervinding op te doen wat van kritieke belang is in hierdie bedryf. Boere praat met lof van ons studente wat suksesvol hul kursusse voltooi het en die kennis waaroor hulle beskik.
Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan vir persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika en elkeen van daardie plase benodig ‘n hardwerkende, passievolle kundige met die nodige vaardighede en kennis om die onderskeie afdelings reg te bestuur.
As jy ‘n passie het vir die natuur en die wildbedryf, en op soek is na ‘n opleidingsfasiliteit wat jou sal toerus met die nodige vaardighede, kontak ons gerus vir meer inligting oor ons kursusse en hoe om in te skryf. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk om jou drome waar te maak en om te verseker dat die wildbedryf volhoubaar en winsgewend bly.
Game Ways Oorbruggingsjaar / Gap-Jaar Program Uitleg
Wildplaasbestuur Kursus (28 Dae)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Gevorderde Brandbestryding Sertifikaat (Vlak 1)
- Omheinings, Paaie & Vliegvelde
- Taksonomie
- Finansiële Beplanning
- Wildtellings, Vang & Vervoer van Wild
- Aanhouding & Hans Grootmaak van Wild
- Wild Fotografie
- Aankoop van Wild
- Voeding en Gifplante
- Habitat Evaluering
- Beweiding & Ekologie
- Voedingstowwe & Minerale
- Meng van Voer
- Veld en Boom Studies & Veld Analises
- Plant Suksessie & Veld Tipes
- Dieregedrag, Genetika & Kleurvariasies
- Siektes & Parasiete
- Nadoodse Ondersoeke
- Slang Identifisering & Hantering
- Wildediere & Eienskappe
- Plaas Fasiliteite
- Bos Verdigting, Bosbeheer & Weiveld Bestuur – Roofdier Beheer
- Ontwikkeling van ‘n Wildplaas
- Wild Monitering & Opnames
Algemeene herstel Werk (28 Dae)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Basiese Loodgieter
- Basiese Elektries
- Basiese Meganiese motorwerktuigkunde
- Basiese Sweiswerk
- Basiese Bouwerk
- Pompe (Son pompe ens.)
- Omheinings
Lodge Bestuur Kursus (28 Dae)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Menslike Hulpbron Bestuur
- Gesondheid en veiligheid maatreëls (Health and safety)
- Lodge graderings
- Algemene Bestuursvaardighede
- Basiese Finansiële bestuur: Besigheids plan, boekhouding
- Administratiewe rekenaar vaardighede (Word, Excel, Coral Draw)
- Konflikbestuur
- Kliënte diens en telefoon etiket
- Huishoudkunde
- Verskillende Nasionaliteite (Oorseese jagters en toeriste)
- Dekor en lodge versiering
- Lodge geriewe & Konferensies
- Kookkuns en spyseniering
- Wyn en alkoholiese verversings (Bestuur van die kroeg)
- Aankope en voorraadopname
- Besoek aan Lodges
- Addisionele Wildlife Campus Lodgebestuur teoretiese Sertifikaat
Lodge Bemarking (28 Dae)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Bemarking en advertering
- Sosiale media bemarking.
- Basiese grafiese ontwerp:
- Ontwerp en bestuur van ‘n webtuiste
Vleisverwerking / Blokman Kursus (10 Dae)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Slaghuis toerusting
- Higiёne maatreëls tydens vleisverwerking en verpakking
- Veiligheidsmaatreëls
- Storing van vleis en chemikalieё
- Verwerking van vleis in verskillende snitte
- Verpakking
- Beroking en pekel
- Biltong en droëwors
- Prystendense van wildsvleis en verskillende snitte
- Vleiswaarde en gewigswaarde van verskillende boksoorte
- Bemarking van vleis
Basiese Veldgids Kursus (5 Weke)
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
-
- Klassifikasies en taksonomie
- Grasse
- Bome
- Spore
- Ongewerweldes
- Amfibieë
- Visse
- Voëls
- Soogdiere
- Ekologie
- Gevaarlike diere, waarskuwings tekens, gedrag en hantering
- Veldgids vaardighede
- Praktiese veld kennis en ervarings
Die volgende aktiewiteite vorm deel van die Gameways Oorbruggingsjaar / Gap-Jaar Program:
fiksheids program
Take
Bybelstudie
Godsdiens, Taal & Kultuur
Gameways is ‘n trots Afrikaanse, godsdienstige, natuur kursus opleidings instansie.
Die Gameways Oorbruggingsjaar Program / Gap-Jaar Internskap bestaan uit soveel meer as net verskillende natuur kursusse.
Hierdie is ‘n jaar van groei (Geestelik, Emosioneel, Intellectueel en Fisies) ter voorbereiding vir die volwasse lewe.
Gedurende die jaar leer studente om trots te wees op wie hulle is, waar hulle vandaan kom, vrede met die verlede te maak en kry hoop vir die toekoms.
Tydens die jaar versterk studente hul godsdienstig normes & waardes, leer standvastigheid, kry selfvertroue en ontwikkel leier-eienskappe. Hulle ontwikkel ‘n bereidwilligheid om te staan vir dit waarin hulle glo en passie om ‘n verskil te maak in die natuur & samelewing.
(Neem asseblief kennis dat Gameways aan geen kerklike denominasie behoort nie en alle bybelstudies en godsdienstige gesprekke, alleenlik uit die Bybel gevoer word.)
Kursus Koste: R194,580 (btw ingesluit) vir die jaar.
20% deposito betaalbaar om plek te reserveer vir GAP jaar program (R 38,916)
Daar is slegs plek vir 24 studente beskikbaar vir hierdie ekslusiewe kursus.
Ons fokus op kleiner groepies om te verseker dat studente intensiewe aandag en blootstelling in die onderskeie rigtings kry
Verskillende afbetalings opsies beskikbaar – Laai ons kursus kwotasie hieronder af
Kursus gelde sluit in:
- Alle verblyf vir die duur van die kursus termyne in die Gameways fasiliteite.
- 3 Etes per dag (Ontbyt, middag ete en gekookte aandetes)
- Gameways Uniform: 2x Knoop hemde, 2x T-hemde, Gameways keps, Koffie fles
- Alle uitstappies en aktiwiteite gedurende die jaar
- Studie gidse vir alle onderskeie kursusse
- Wasgeriewe is beskikbaar op die perseel
- Studente sal op voorafbepaalde datums vervoer word na die naaste dorp.
Kursus gelde sluit uit:
- Vervoer na en terug van die Gameways kursus fasiliteite tydens vakansies.
- Snoepwinkel en lekkernye
- Enige opsionele handboeke
- Medikasie en skryfbehoeftes
- Oorbruggingsjaar / Gap-Jaar Program Paklys benodighede
- Her-eksamen fooie (vervoer, administrasie fooi ens.)
Gameways Eksamens & Toetse:
Weeklikse Toetse
Tydens die Gap jaar by Gameways is alle studente onderworpe aan 'n baie intensiewe praktiese en teoretiese program. Weeklikse toetse word afneem en aan die einde van elke kursus word 'n eind eksamen aflê.
75% om te slaag
Om te slaag, moet 'n student 75% behaal.
Gedurende die jaar sal studente op alle terreine geëvalueer word, insluitend praktiese take, evaluasies, opdragte en groepsprojekte.
Studie adviseer
Indien 'n student nie die slaagsyfer behaal nie, sal hulle 'n hereksamen per kursus kry. Gameways bied spesiale tyd aan om studente te adviseer oor studiemetodes en tydsbeplanning.
11 sertifikate
Na suksesvolle voltooiing van die Gameways Oorbruggingsjaar Program sal studente 11 sertifikate ontvang tydens die eindseremonie.